Ek kom deel vandag ’n deel van my hart met julle… My naam is Karin, ander ken my as KK, of Katryn

Wie ek nou is:
Wie is die stem aan die ander kant…Ek kom deel vandag ‘n deel van my hart met julle… my naam is Karin, ander ken my as KK, of Katryn.
Ek is net ‘n plane jane, kaalvoet kind, wind in die hare, “what you see is what you get” kind of mens.
Ek is ‘n dogter van twee awesome ouers wat nou al 43 jaar getroud is, ek het ook twee sussie, een is 4 jaar ouer, een is 6 jaar jonger (Middelste kind). Gebore Oudshoorn, groot geword Pretoria, en bly tans in Oos London in die mooiste Oos Kaap.
Evert (DieSkrif) is my beminde man, ons is nou al met die genade van God, 12 jaar getroud. Ek is ook bevoorreg om ‘n mamma te wees vir twee dogters, Mikyla (16jaar oud) en Abigail (7 jaar oud)
Ek is ‘n kind van Jesus, ‘n Koningskind, ‘n geliefde, ek is verkose, Ek is SYNE.
“If my heart could tell a story
If my life would sing a song
If I have a testimony
I f I have anything at all” –Steffany Gretzinger – No One Ever Cared For Me Like Jesus





Kinder dae en Skool:
Van kleins af, was ek seker maar anderste gewees, soveel keer gehoor ek is ‘n “Van der Merwe” en dat ek eintlik nie in pas nie, ekt my ma se gene gekry, ek is so voorgesê oor wie ek was van baie klein af, die woorde hoor ek nog so duidelik want jy sien, dit het my hart gaan waarheid word… almal sê hierdie dinge oor my dan moet dit seker waar wees, maar in my hart wou ek uit SKREEEUUUU… dis nie wie ek is nie… julle kies net om te sien wat julle wil sien. “rissiepit” “Kwaadjie” vol draad werk… ag sys alweer op ‘n tantrum mission, as almal links gaan , gaan Karin regs. Ek kon nie fake / mense wat op ‘n seker manier nou is en net nou anderste is hanteer nie! Dis was my grootste challenge.
Ek was baie lief vir sport, sport velde was my uitkoms, waar niemand vir my kan sê wie om te wees nie, ek kon net oefen, my beste doen, die herkenning kry waarna ek so erg gesmag het.
Ek was baie goed in individuele sport gewees, naelope, hekkies, hoogspring, verspring…
Ek was ook bitterlief vir kuns, en musiek, oeh musiek het my lewendig laat voel.
Laerskool netbal, ek altyd goed, maar nooit goed genoeg gewees nie, altyd reserwe, altyd die een wat moes plek vol staan wanneer iemand seer kry, of siek was, ek was altyd gekies maar nooit eerste nie… so herhaal hierdie span keuse ook reg deur tot matriek toe… Altyd gekies maar nooit wanneer dit saak gemaak het vir “My” die beker om hoog gehou nie.


Matriek vakansie. Regs Waldo, my eerte liefde tot Matriek toe…En Regs onder my beste vriendin, saam op matriek vakansie. Ekke Links bo
Hoërskooljare, eersteliefdesmaat, eerstegroot seer, was amazing en seer alles in een.
Ek en Waldo begin uitgaan einde Graad 8 tot Graad 11 (Std6 tot 9) Hy was my eerste groot liefde, en hy was letterlik my eerste alles. My eerste liefdes maat. Ons het saam die Here gedien, en was so naby aan Jesus – So het ek wel gedink…Ek was mos ‘n goeie mense en n Christen.
Einde St 9 breek hy met my op – Dit was die grootste hartseer in my lewe. Hy was deel van ons huis houding mekaar se families ensovoorts.
Hy word toe Hoofseun in Matriek, en begin toe my beste vriendin date… Rejection was erg. Ek het jou bygestaan deur dik en dun, hyt sy pa verloor in die tyd, sjoe ons was mekaar se beste vriende gewees en baie gelag en huil saam, en wragtig…toe dit tyd kom in bietjie deel van sy “Shine” te vang in matriek omdat ek gedink het ons was “een” …raai wat toe is ek weer nie goed genoeg nie.
In hierdie tiener jare het ek en my pappa nie regtig meer n verhouding gehad nie. Hyt gevoel ek is te eie wys, en ek het gevoel hy hoor of sien my nie. Ons is baie dieselfde mens. Ek wou links gaan as almal moes regs gaan, ek wou vir almal wys wie ek eintlik is en wil wees, maar niemand kan net verby dit kyk nie, hulle sien raak iets en iemand in my wat ek nie is nie….of nie gevoel het ek is nie…
Soveel so dat ek ten alle tye die huis vermy het, ek het net huis toe gegaan en gaan eet en slaap(Dalk bietjie kuns gedoen) maar verder was ek by die skool op die sports gronde.
Daar waar die atletiek veld nie kon judge nie, daar waar die tekkie die teer tref en ek allen was en kon in my self glo wie en wat ek werd was. (No human interactions, just me, myself and I)


Na Matriek:
Ek kon nie wag om net uit die huis uit te wees nie, sonder reels en regiete regulasies, en aantree soos ‘n soldaat op parada nie (My pa was vir jare in die weermag)
Ek het die hase pad gevat, die bree pad, die lekker pad. Partydjies saam vriende, en BAIE vreemde mense, ek kon nie minder om gee wat mense van my gedink het nie, ek het aan niemand raporteer nie en ek was buitensporig van die pad af. Ek het liefde gaan soek in plekke waar nie eers kieme oorleef nie. Ek wou net maak wat ek wil wanneer ek wil sonder dat ek hoef te voldoen aan enige iemand se “Set of rules”
Intussen na die opskop van my swattings (nes almal gese het dis wat gaan gebeur) het ek begin werk in die industrie – Adverture Tourism. Ek wou enige plek wees buite solank ek net nie in ‘n kantoor hoef te wees nie. Waar ek nie formele klere drag en hak skoene hoef te dra nie. Ek wil net myself wees, en lief wees vir wat ek doen. Nie soveel gevra nie.
Ek het toe begin fasiliteer en prakties gedoen terwyl ek nog probeer swat het…. Eendag word toe gevra deur een my groot vriende Danie om n dag te kom uithelp met ‘n groep mense wat span bou doen.
Ditholo Game Reserve in Warmbad – Daai dag sal ek nooit vergeet nie.
Toe Danie my bel was my andwoord dadelik ja….
Maar my woorde was – Dis reg Danie, maar ek is swanger…. (Ek was 21 jaar oud)
Turning Point – Ek is swanger, unemployed en nogself ‘n kind

Ek is 21 jaar jonk… ongetroud, swanger met ‘n man se kind wat ek nog nie eers regtig lank ken nie, buite-egtelike baba oppad…
Met die aankoms by hierdie Game Lodge, was daar ‘n oomblik wat ek ‘n man ontmoet wat toe van 2007- tot 2023 ‘n baie belangrike rol in my lewe kom en vervul het… Dr Charles Lubbe ….. Charles soos ons hom genoem het, maar hy was meer as dit vir my… (Soos ek skryf loop die trane oor my wange)
Hy was eerstens my werkgewer… toe my vriend, my inspirasie, die persoon wat my denke die meeste nog OOIT in hierdie wereld gechallenge het, my grootste motiveerder en ondersteuner… ‘n pa… n confidant. Iemand wat my raak gesien het, sonder judgement, of kennis van wie ek is, he just looked at me, and took me for who I am…. Net soos ek is, swanger, kaalvoet, eie wys en al….
aangevul by die werk.
Ek het toe geleentheid om saam met Charles ‘n amazing journey te begin loop. Saam gewerk, spand bou gedoen, met mense se harte en denke gewerk. Die was buite gewees, in die ope lug, in die aande het ons saam kliente gedans en gekuier. Alles wat ek graag wou doen gaan vind ek toe in hierdie werk… Ons was regtig ‘n match made in Heaven, mekaar so mooi
Die gedeelte waarop ek nie gebargain het nie, wat ek toe deel word van ‘n massive familie, ‘n familie was soveel omgee, liefde gee, sonder judgement en baie vra, al wat hulle gedoen het is met ope arms te ontvang.
Ek het toe eweskielik’n hele nuwe perspektief oor hoe om mense deel te maak vir iets so maklik soos liefde is.
Ek is swanger, Charles gee vir my ‘n voltydse werk, met ‘n salaris, ekt nie n lisensie nie,
(was nie vir my belangrik nie want ekt nie ‘n kar nie so hoekom kort jy ‘n lisensie , right?)
Met my boepensie werk ek by hom…. Ek is op my gelukkigste, maar sodra ek huis toe gaan is dit die flip side
Stukkend en Seer, Teleurstelling en GOD WAT INGRYP
Hier is ek… 21.. Swanger…bang, alleen, onseker
Ek koop ‘n toetsie… die lyntjies le so helder pink, en my hele lewe gaan staan… Ek dra lewe binne in my…
Nou kom die groot nuus breek aan my pappa en mamma. (My ma het geweet, mamma’s weet sulke
dinge)Die gesprek was vreesaanjahend. Ek moet my pa wie se verhouding tussen ons reeds baie
fragile is gaan vertel, dat ek hom teleurgesteld het… Pappa…ek is swanger…
“Ai my kind, ek is teleurgesteld, maar bly lief vir jou en ons sal hierdeur ooit kom”.
Sidenote: My pappa het sy suster op ounderdom 22 verloor, sy was ook swanger en het niemand daarvan vertel nie, sy het nie na haar ouers toe gegaan nie uit verwerping en vrees, en gaan raad vra by die mens, waarna sy toe a.g.v van die raad haar babatjie verloor het, en ook haar eie lewe… Daar was geskidenis reeds in ons familie oor onbeplande swangerskappe, dus was die teleurstelling groot en tasbaar in kamer.
Ek het nooit eers daaraan gedink om ‘n aborsie te oorweeg nie. Never crossed my mind. Dit was n geskenk, eks gekies. Ek het reeds haar naam geweet, Mikyla Jessy Smit… (std 8 in my nota boekie reeds neer geskryf). Sys oppad, en ek gaan mamma word.
Ek werk kliphard, kaalvoet, pensie en al, ek kry inkomste, ek vind skuiling by my ouers aan huis, ek gaan na dokters afsprake toe, en ek is besig om ‘ klein mense te Koester in my moederskoot…
29 Junie 2007 word Mikyla Jessy Smit gebore, dis net ek en my mamma in die kamer toe sy haar eerste asem teug van die lewe vat.
Eks ‘n mamma. Maar die vrees skop in, dis real, dis ‘n mensie, dis nou myne… En gee haar toe vir my ma, en se ek is nog nie gereed nie, hou haar solank net bietjie vas… Dis was vreemd, baie emosioneel, en vol liefde gelyk, maar ek het stoksiel alleen gevoel. Biologiese pa was nie daar nie, hyt nie kans gesien om ‘n pappa te wees nie…



I am going to fix this –
Na so 3 maand maak ek kontak met die biologiese pa, ek vra hom wil jy nie graag jou dogter kom ontmoet nie, na vele gesprekke ontmoet ons die dag. Hy sien sy dogter vir die eerste keer, ons her connect, ONS besluit toe dis ‘n goeie idee om hierdie weer ‘n kans te gee… KOM ons gaan speel HUIS HUIS…
Ek en Mikyla trek toe saam met hom is, ver van almal af, sodat hoe verder ek is hoe minder hoef ek nou weer te bekommer oor almal se opinies. Ek is mos groot, kan self.
Hy vra my toe op my verjaarsdag om verloof te word, dan doen ons mos nou die regte ding. Julle, daai ring van die dag wat ek hom aan my vinger gedra het, het vir my gepla soos ‘n doring in my vlees, die ring het letterlik my vinger gebrand… I knew something was wrong…Ek kon dit binne in my diepste voel, NO… this is wrong.
Maar ek hou aan myself oorreed terwille van my kind, gaan ek vir haar ‘n tuiste skep met baie liefde, en daar is bevondsing, en daar is mos baie vriende, en alles gaan okay wees, ek moet net deur dit kom, ek moet net bietjie aanpassings maak, my “laat inpas” en dan everthing will be okay..
Nagmerrie ontstaan..Ek speel huis met ‘n man, wat nie glo daar is ‘n God nie, ek probeer ‘n veilige tuiste skep tussen dronk mense en vriende wat kom en gaan…ek probeer myself oortuig ek is verkeerd, as ek net minder terug praat gaan alles beter gaan… Ek is alleen met ‘n baba en alles val uit mekaar uit, ek weeg 52kg eks net vel en been, die kaste is vol vuis merke, deur le stukken geslaan, bottels le oralste op die teel vloere, eks gevange van my eie keuses. Ek gaan my kind se lewe verwoes as ek die verlowing verbreek, sy gaan groot word in ‘n gebroke huis, ek gaan haar ontneem van die familie lewe wat ek wou skep… Ek gaan ‘n slegte ma wees vir my kind. Ek is a failure, ek het gevaal in m taak as vrou, ma, dogter, suster, vriendin… ek sien nie meer kans vir hierdie nie… this is tooooo much…
Time to make a Choice:
Die laaste hou val oor my wang terwyl ek voor my ma staan in haar kombuis, Mikyla is net oor n’n jaar oud, het hy my sopas in my ma se huis geslaan… ? Voor my ma? Ek sien die seer in my ma se hart, en ek sien die seer in haar oe… ENOUGH…. ENOUGH… jy kan met my mors, maar in my ouers huis, hoe durf jy???? Dit was die laste keer wat ek hom daai dag gesien het… Die was ook die laaste keer wat hy sy dogterjie gegroet het, en uit ons lewens gestap het, sonder om om te draai en terug te kyk… Hier staan ek, 22 my ribbebene wys, my broeke is ‘n nommer 26, my lyf onder die klere is pimple en pers, die rooi hou le oor my wang, ek gee op. Ek is klaar. Ek wil nie meer hierdie lewe speel speel, fake, love, ding doen nie… I want OUT! Daai aand maak ek seker Mikyla slaap oor by my oudste suster se huis, sy is in veilige hande, en hulle sal weet wat om met haar te doen, my ouers gaan na vriende toe, dis net ek en ek alleen… Ek is in ‘n lee huis, perfekte geleentheid om my eie lewe te neem, Lets do this… Ek is nou klaar… My pa het n rewolver wat hy ALTYD onder sy bed sit, net so hand diepte om ons te beskerm… Dis hoe ek dit gaan doen….
Ek loop af in die lang gang na my ouers se kamer toe, sit my hand onder die bed in, daar is NIKS nie… ek le later op my maag en soek onder die bed, NIKS, ek gaan krap in sy laaie en kase en soek hierdie geweer vanaand is die aand, ek het net soveel tyd voor hulle huis toe kom… NIKS NIE…
Toe my ouers deur die deur stap, sit ek in die hoekom van die kamer en huil alles binne in my is ongelukkig en hartseer en stukkened en dis SEER! SOOOOOO SEEER…
Ek vertel my ma wat ek wou doen, ek wou self moord pleeg daai aand.
Haar woorde was, pappa het nou die aand die geweer gevat en gebere, want hy was bekommerd oor jou….
DIE REWOLVER IS TOT VANDAG TOE = WEG… my pa kon dit nooit weer vind nie, nie eers na die trek nie (Trane…..) JESUS IS REAL
Jesus take the wheel:

Daarna het ek begin focus op my, en my dogter onder sagter begeleiding van my mamma, en my pappa het ek myself weer stadig oor tyd begin op bou, herstel, gewerk, myself gevind, begin oefen, weer gesonder geword…
En deur dit alles was my gesprekke in trane in die aand op my bed langs my dogterjie wat slaap… (maan skyn deur die venster, Delisouse Monster se blare voor my venster bank, pap nat kussing sloope, keel wat pyn van huil en skree, nagter om smeek en vra vra, kwaad en gedagters van my God, hoekom het U my verlaat, what have I don’t to deserve this, what did I do not to “have” a real family, why did you even give me the child, not worth it gevoel)
Ek het so by die Here se voete gele en huil, elke aand wanneer Mikyla veilig was en aand die slaap was met Jesus gepraat, baklei en gestry… Ek het hom alles vertel, alles binne in my neergele, en daar was nie meer een ding in my hart oor wat ek moes of kon meer openlik met God bespreek het nie… Ek was done anyway..
In hierdie tyd terwyl ek by Charles gewerk het (Wild African Adventures) het die gesprekke in die oggende gegaan oor wat soek jy uit die lewe uit, as jy jou prentjie kon skets hoe sou jy dit graag wou he, so ons het elke oggend begin met objesctives en dan daarna toe gewerk…. Ek het ‘ n lysie gemaak … waar die wereled toe vir ons vertel het van “Law of Attraction” was my hart nog altyd gewees “Here laat U wil geskied” ek het dit net ‘n wereldse termse saam met die mense rondom my was so verwoord, maar diep in my was dit eintlik maar my gebeds lysie verskuil onder die naam “OBJECTIVES”
Ek wou net weer gelukkig wees met myself, ek het begin oefen
Ek wou bevordering by die werk gehad het, sodat ek beter na my dogterjie kan kyk
Ek wou uit die huis uit trek en my eie lewe weer begin ouderdom
Ek wou so graag my trou man ontmoet en vir iemand lief wees…
JESUS HOOR MY HART EN OPREGTE HART IN GEBED, EN NA 2 JAAR…
Lewensmaat, Pappa en Huwelik
Ek ontmoet hierdie man een aand agter ‘n toon bank, met die lewendigste oë, hierdie man is vriendelik, lag so lekker uit sy maag uit, en al werk hoe hard… doen hy dit nogsteeds met ‘n smile…
Dis nie eers ‘n maand later nie, kom werk Evert by dieselfde maatskapy waarna toe oorgeskyf het… Toe ek op kyk staan die man in my my kantoor deur, met die vriendlikste glimlag…
Een vrydag middag na werk vra die man my wil ek nie Sondag saam met hom kerk toe gaan nie… En dit was ons eerste official dat gewees… Kerk toe… “God is in this story”
Kom by die kerk aan…. Die vreemd hoor, die kerk is agter ‘n kuier plek in Centurion onder ‘n karate club, en oorkant ‘n Sandwich Baron… “Nie die gewone, NG gemeente look en feel nie, en dink, wow, hierdie voel so bietjie uit my confort zone uit… Maar wat het ek om te verloor…Bo due die deur staan Kiaros… By die deur ingestap gaan vind ons ‘n ou plekker effens agter in die kerk… Daar waar die Groot manne uit volle bors uit sing… Ek kan dit soos gister onthou.
Almal is tog te vriendelik… En die preek daai oggend was iets wat ek graag weer wou hoor… Ek voel tuis, ek voel gemaklik, ek pas hier in, ek is myself all the ways, niemand staar nie, niemand gee om nie, almal net hierdie onstende liefde vir mekaar, klein om gee gemeente waar die mense mekaar lief het soos Jesus.
Nou ja toe…

HOW DID I KNOW…
Na kerk besluit ek as ons huis toe gaan, dan gaan ek vir hom voorstel aan Mikyla (Wat ek in die laaste twee jaar met geen ander man vriende regtig gedoen het nie, wou my kiddie so ver moontlik beskerm het van einge onnodige mans in haar lewe, in en uit kom van moontlik ouer figuur kon skep)
Side Note: Mikyla was nog nooit op op klim kind nie, sy kyk alles eers mooi uit die bos uit, voor sy haar skaam self sommer net sal voorstel aan enige iemand, sy is gemaklik by my, Ouma en Oupa en familie, nie veel anderste nie…
Ons het gaan dit in my ouers se voorhuis, en Mikyla het om die koffie tafel geloop, so verby my… EN OP EVERT SE SKOOT GAAN KLIM…
Ek het geweet soos ek weet , soos ek vandag nog weet, DIT WAS DIE MAN waarvoor ek gebid het. JAAR – 2011



DIE BELOFTE – DEEL 1 SKOON GEWAS
So het ek en Evert oor en weer gekuier, Mikyla was altyd welkom en die tweetjies was regtig sommer van dag een af, was hy vir alles en meer tot vandag toe nog. Evert het ook ‘n dogter en raai wat haar naam is Michaela- Astrid, ons het twee dogterjies met dieselfde naam – TOE-VAL-LIG
Side Note: Mikyla Jessy se naam beteken – “Verteenwoordigter van GOD”
Een lente aand in September 2011, by ons self groep, vra Evert my toe tussen ons mede gelowige vriende om met my te trou. Sonder twyfel was my andwoord ja,! (ek moet bieg, ek was nie eers daai aand regtig lus om selfgroep toe te gaan nie, so ek ‘n jean aangehad, ‘n tshirt, en plakkies, niks mooi gemaak nie niks nie… just me) Hy het ‘n versie uit die bible uit gelees, op sy nie gegaan en my gevra.Ons het nie eers ‘n ring gehad nie… maar ons het geweet ons is vir mekaar gestuur en wil die res van ons lewens saam spandeer
Die Oktober maand was daar ‘n vroue kamp gewees wat ons kerk aangebied het, ek het ingestem om so paar aktiwiteite met die vrouens te doen, en het my woord gegee dat ek daar sal wees. Oppad na die vroue kamp toe huil ek snot en trane by Evert ek wil nie meer kamp toe gaan nie, ek het nie lus nie, ek wil nie, ek wil nie tussen klomp vrouens wees nie ect. Hy stel my gerus en se, wel ons is nou klaar hier, so toe, laat jy gaan. Die sondag oggend na die hele naweek, se huil en in gebed, en tussen mense wat my ongelooflik ondersteun en lief gehad het, is daar toe ‘n geleentheid vir groot doop, en die Heilige Gees lei my toe, om daai dag in ‘n swembad gedoop te word. Dit was ‘n ervaring vir die eerste keer wat ek eintlik uit my eie uit toegelaat het dat die Heilige Gees my lei. Na die doop, stap daar ‘n Tannie na my toe, sy is in haar 80tigs en sê :” My dogter toe jy in die water gestaaan het was daar ‘n skarlakend rooi om jou gewees…. En toe jy uitkom toe is jy spierwit” My hart gebed was dat na al my sondes die dag as ek aan my man trou beloof ek ‘n rein en opregte bruid sal wees, en die Here beandwoord my hart begeerte weer! Ek is silverskoon gewas, my sondes in vergewe, ek le die ou self neer en staan weer op in Jesus as nuwe mense, gereed om n in die huwelik in te tree as bruid.
DIE BELOFTE – DEEL 2 – VERGIFNIS
Side note: Daar was nog baie seer en onvergifnis op daai stadium tussen my en my pappa.
Ek vra toe ons goeie vriend Charles om my af te stap in die kerk die dag as ek met Evert gaan trou. Ek wou nie gehad het my pa moes my weg gee nie, ek woul gehad het Charles moes my afloop en oorgee… “ Charles het my so een kyk gegee…en vir my gese, hy voel ge-eerd dat ek hom vra, maar dis nie reg nie, My pappa moet die voorreg om sy dogter te oorhandig aan haar man… en hy sal nie daar voorreg van my pappa ontneem nie… Ek moet asseblief my pa vra om my af te stap, want eendag gaan ek terug kyk op hierdie dag en verewig gaan die foto’s ;n verhaarl vertel van onvergifnis en seer…
Ons trou dag:
Ek het so gebid dat asseblief net nie moet reen nie, dat die Here so sin van humour gehad het en die son laat skyn het soos nooit te vore nie, dis 33Grade in Muldersdrift, Avionto was die venue. Dit was vrek warm…
Die mooiste oomblik vind plaas die dag, toe my Pa my voor die kerk deur kry, het hy my met ‘n traan gegroet… maar daar was ‘n glimlag op sy gesig gewees, en vir my gese ek lyk mooi, en hoekom bewe my blommetjies so… net om te lag…. En toe se hy vir my ek is trots op jou my kind, en gee my n soentjie. Die foto graaf het die oomblik vasgevang. Daar was onmiddelike vergifnis in hierdie oomblik en versoening tussen my en my pa.


DIE BELOFTE – DEEL 3 – SKOON EN REIN HART
Side note = ons troue het 45min laat begin want my skoon pa het sy broek vergeet en moes Krugersdorp toe ry om ‘n nuwe een te koop vir die kerk seremonie. J Die trou ring vir my, was geskenk gewees deur ons Pastoor (het nie geld gehad vir ‘n ring nie)
Op hierdie dag 10-11-11 het ek en Evert die Here in ons huwelik ingenooi. Die Heilige Gees was so teen
Woordig gewees, en daar was vriende wat kan getuig van die tasbaarheid van liefde in die oomblik.
My twee brides maid het nogal voor die tyd gespot en gese hulle gaan nie nie huil nie, almal het gehuil in die
Kerk ons twee word een en families kom saam, Ek word ‘n man Ryker, en Evert ‘n vrou, maar Mikyla kry
‘n pappa by…een wat haar saam met my aanvaar net soos wat ons is.
Side note: ‘n week voor die troue het ek en Evert nog gestry oor wie moet koffie indie oggend maak

Van hierdie dag af was dit God, Evert en ek in hierdie Huwelik. Die foto heel regs was n
Oomblik op hierdie dag wat ek gevoel het die hemele het bo ons oopgegaan Sy seen is
op ons uitgestort. He was there in our moment, He was ‘n part of our Vows, HY WAS DAAR
EN HE WAS ALIVE!!!!
In die middle van die “Vows” moet ek tussen deur die trane… en die teenwoordigheid van die Heilige Gees… belowe om koffie te maak elke oggend, en die persoon wie ek is is so reguit dat ek toe die pastor stop en se , jammer pastor, ek kan dit nie belowe nie, want ek gaan dit nie doen nie.
Eerste Foto – Huil in die oomblik
Tweede Foto- Vra ek vir Evert, het jy vir Pastoor Martlik vertel van ons fight oor die koffie – Jy sien tot die Here het n sin van Humour!


OUR STORY – ROBBED
Nadat ons getrou is het daar al so baie wonder werke gebeur.
2012 word ek en my oudste dogter gehuis roof die aand – Middernag ure, kom hulle in ons huis in (Op daai stadium is ons jong getroud) so ek het gaan slaap om my man in te wag met baie min klere aan) Ek word wakker met my lig wat aangaan en die trou ring van my vinger af gehaal word, die kettingkie om my net, en toe ek weer sien, staan daar 2 mans in my kamer. Ek onthou toe nou wat my pa ons geleer het, let op, wees bewus van rondom jou aangaan, gee alles vir hulle my kind, dis net aardse dinge jou lewe is die meer werd as aardse goed.
Die aand spesifiek het Mikyla in my bed geslaap – wat amper nooit gebeur het nie (TOE-VAL-LIG). Syt wakker geword en ek kon haar kom net toe trek met die kombers, en sy het weer aan die slaap geraak. Sy was maar 5 jaar oud. Die skelm gooi toe my kamer jas oor na my toe, en sy trek jou kamer jas aan. Terwyl die ander een die huis begin stroop. Gedurende hierdie tyd het ek net een ding gebid, Here beskerm vir my en Mikyla en Evert, Beskerm vir my en Mikyla, Here beskerm ons… Non STOP…. Ek het so vertrou dat GOD MET MY IS.
Nadat hulle ons hele huis alles wat hulle kom in my kar gelaai het, het hulle my vas gebind, en ‘n handdoek half pad in my keel in afgedruk en vas gebind, my hande en my voete . HULLE HET NIE AAN MIKYLA GERAAK NIE. Nadat ek hulle goed kans gegee het om spore te maak, kon ek die handdoek uit my mond uit kry, en het Mikyla wakker gemaak om my los te maak. Daar sit my 5 jarige dogtertjie en maak haar mamma se hande los… rustigheid van self, en ek het kalmte in my om geduldig genoeg te wees met haar om te sit en wag, sy het goed reggekom. Al was my hart binne in stukken, seer, onseker, bang en soooo kwaad.
Ek het my dogterjie gevat, en teen die trappe af geloop, seker gemaak dis veilige, waarna ek gehardloop het na bure se huis toe, waar ek amper die deur afgeskop het, haar man het my ingelaat en Kolisa het dadelik vir Mikyla geneem, en met haar gesit en Cartoon Network kyk, waar die man my gehelp het om Evert te bel. Evert was 5 min van die huis af gewees.
Wonderwerk – ONS HET NET AARDSE BESITTING VERLOOR, ONS WAS BESKERM EN VEILIGE GEWEES, EVERT WAS 5 MIN WEG MAAR HET NIE OP HULLE INGELOOP NIE… PRYS DIE HERE VIR SY GROOT GENADE OOK OP HIERDIE AAND.
OUR STORY – BROKEN
Gedurende ons huwelik word ons toe bloot gestel aan baie vriende, mense wat saam jou werk, ou vriende, nuwe vriende en so voorts.
Ons spandeer toe baie meer tyd saam met ‘n couple wat nie gelowig is nie, en wat se mind set bietjie anderste werk in die huwelik soos ons dit ken, maar dit klink nuuskurig en ons gaan toe deur ‘n moeilike tyd in ons huwelik en sou eintlik alels probeer het , om ons huwelik te maak werk. En daar is ‘n gap…
Na baie gesprekke en baie drankies en aande om kuier, besluit toe ons van hierdie “nuwe” idee gaan probeer om weer die spark tussen my en Evert te egnite…. Vreeslik in die vlees gewees.. En begin toe experiment teer met die idee om nog iemand deel te maak van ons “intieme tyd saam” ons is alles mooi verduidelik en die reels is mooi neergele en ons verstaan mos nou hierdie ding heeltemal, ons het gelees gehoor en vra gevra… Yes… lets try this.
Dit was in ‘n kort tydjie het ons sooooooooo ver die pad duister geraak, dat dit die groot skering in ons huwelik versooksaak het.
Die agterdogtigheid, die beskuldigings, die leuns, die bakleiery, die seer, die verwyd, die bietjie wat ons oorgehad het, wat toe heeltemal weg ook na dit.
Tot op ‘n punt toe waar seker nog die grootse seer in my lewe plaasgevind het.Dit was nie hoor se nie, ek het dit met my eie oe gesien voor my gebeur. Dit was so real soos kon wees… Dis was n low…erg seer.
Ek was platgeslaan gewees, ek was weer op ‘n plek waar ek nie kon fuksioneer nie, ek kon nie verstaan hoe het ons op hierdie punt gekom nie. Ek het baie tyd by die Here voete spandeer, aande, oggende, dae om een en gevra en geluister, gevra en geluiste, gepraat en gehuil, en deur die seer het daar die meest amazingste genesig plaas gevind in ons huwelik.
Ons is vandag 12 jaar getroud en liewer vir mekaar as die dag wat ons getrou het, want ons het mekaar amper verloor lewedig.
NET GOD ALLEN HET HIERDIE HUWELIK HERSTEL ‘n GEBROKE HUWELIK WEER TERUG NA ‘N HEILIGE HUWELIK TOE. – ask me how..
OUR STORY – TO JOY , PEACE, TRUST, LOVE AND UNITY
Side Note: Net om die prentjie in meer perspektief te plaas – Die ander persoon wat deel was van my seer, was my beste vriendin. Die persoon in wie ek die meeste vertroue geplaas het, wat deur my eerste huis huis speeletjie daar was… Sy was deur elke mooi en moeilike tyd daar, sy het langs my in die kerk gestaan toe ek beloftes uit geruil het, sy was my beste vriendin. Elke spesiale geleentheid was sy so groot deel van, ek van haar en sy van my, sy het my grootse geheimenisse geken ek ek haar geheime, daar was letterlik niks tussen ons nie, ons het mekaar deur en deur geken…
Na die groot skeuring in my huwelik was daar baie tyd vir genesing, daaglikese onvoorwaardelike harde werk, neerle van die eie self, Baie Vergifnis. Ure se gesels.
Ek het my beste vriendin vergewe, en dit was baie bevryheind gewees, ons is tot vandag toe nog vriende, maar ek sal nie weer my hele hart en vertroue in mens plaas nie, harde les geleer, en nadat Jesus saam my gesit het, hierdie gebeurtenis vir my heeltemal oopgebreek het, kon daar trane vloei oor die seer areas, genesigin plaas vind, vriendskap weer herstel word, huwelik weer genees, en liefde weer terug geplaas word in die gedeeltes wat so leeg was soos die woestyn vlaktes. ITS IS POSSIBLE THROUGH ALL THINGS IN CHRIST. – ask me how.
Vandag is ons geseend met nog n pragtige klein wonderwerkie, haar naam is Abigail – Sy is 7 jaar oud.
Side note: Abigail beteken – Father’s JOY
en dis persies wat klein Abby is. “n absolute bonneltjie liefde. Sys net happy en happy… Haar omgee hart is om oor boeke te skryf.
Na al hierdie gebeure was ek nooit alleen nie, Jesus was elke tree saam met my daar… en trails en tirbulations het nie gestop nie, they kept coming for us…
Verloor werke, finansies is shocking, mense agtervolg ons oor finansies, Evert is in sak en as, hy begin twyfel, hoekom kry ‘n mense so swaar as ons dan in Jesus glo, hoekom is dit so vrek moeilik om ‘n bestaan te maak in hierdie wereld alleen, ons bid en vra, trane en word mismoedig, saam, apart, alleen, ouers en familie help maar dis maar broek skeer.
The BIG HUGE BREAK THROUGH:
So paar jaar terug, koop Evert ‘n pakkie chips van R5 rand vir middag ete. Dis al wat ons kon bekostig. Jy word automaties ingeskryf dan vir OK se Win-a-bakkie komeptesie. Nie veel daarvan gemaak nie, want Evert werk toe tans by die instansie, nou gewoontlik die employee wat daar werk word automaties disqualified van enige pryse, dis vir die public.
Evert bel my – Ek het’n bakkie gewen! Ek se wat, jy het ‘n bakkie gewen…. Ek se kan nie wees nie jy werk daar, dis ontmoontlik. CANT BE.. ‘n paar dae later BEL hy en se… hulle het die nou bespreek omdat hy daar werk, en almal stem saam dat hy wel fair en square the bakkie gewen het, dis is syne – ROOI SPLINTERNUWE UIT DIE BOKS NISSAN NP 200. Nie maand later nie, bel hy my die dag en se : Ek het ‘n werk gekry… ek se ja, ek nie geweet jy aansoek gedoen vir ‘n ander werk nie… Evert se, maar ek het nie… EK HET DIE WERK GEKRY EK BEGIN oor 2 weke, dubble die salaris. Binne in n kwessie van 2 maande verander ons lewe heeltemal, ons kry karre verniet, ons kry werke waarvoor hy nie aansoek gedoen het nie… en to top this all off… Hy gaan werk toe weer saam met Charles – Die vriend van my aan die begin van my storie.
Die paaie kruis toe weer. Vir amper 3 jaar werk Evert toe in die Noorde, en ek en die kinders bly in pretoria, Net naweke kom hy huis toe, dan is ons darem by mekaar en in die week is dit net ek en die kids, dit was vir my uitdaagend, maar ons was altyd veilig, en baie mense rondom ons gehad wat lief was vir ons, baie goeie eerlike vriendskappe gemaak, hard gewerk in ‘n “Godelose” firma. Groot besigheid maar min mense wat daar werk, funksioneer op min…
Op ‘n stadium word ek griep siek… en het n erge koors, verloor heeltemal my smaak, alles proe en voel soos was op my tong, Ek was dokters toe… medikasie maar niks nie. Een saterdag middae gedurende Covid sit ek op die bed met die kinders, en die een kant van my gesig begin hang, mond kan nie oop nie, oog sien snaaks, spraak is aangetas. Ek hardloop badkamer toe, daar hang my gesig heeltemaal regs, niks sit waar dit moet wees nie. Video call my ma, en sy mamma iets is fout, kyk nie of mamma sien wat ek sien. Haar woorde jy moet dadelik by ‘n dokter

TESTIMONY
Ek is gebore met ‘n DSV kondisie. Dit is ‘n klein gaatjie in jou hart kamers. In die jaar wat ek gebore is was daar 4 van ons in dieselfde straat wat met hierdie kondisie gebore is. Ek was seker 4 of 5 toe my ouers my van Oudshoorn af Kaap toe, Groot Skuur Hospitaal toe moes neem vir die herstel van die “gebroke gaatjie in hart kamers”. Die vorige week was ek vir al die scans en kariodloog toe, en besluit is gemaak dat ek sal moet ‘n operasie kry. Die sondag voor die maandag, neem my ouers my na die kerk toe, waar die kapelaan sy diens doen, na die tyd kom daar een van my pa se bateljon troepe na my ouers toe geloop en vra of hy vir my kan bid vir die operasie. So gedoen, hy dit toe vir my. Maandag kom ons by die Groot Skuur hospital aan, sal dit onthou, my mamma het vir my nog so wit nagrokkie met pienk kolle op gekoop, en n sakkie vol rooi pruime (My favriote) . Ingeboek en reguit deur ICU kinder afdeling toe waar hulle die operasie gaan doen, en ek dan n paar dae dan in die waak eenheid sou spandeer… Die operasie sou so tussen 4 en 6 ure lank wees.
Nadat ek in die teater in is….30 min later toe stoot hulle my terug in die kamer in, My ouers was soos van wat nou, wat gebeur, wat gaan aan.
Die dokter kom uit… sy oe vol trane… Hy se, hulle het weer die scan gedoen om te bevestig waar hulle moet sny, maar hy verstaa nie, die “gaatjie in my hart is TOE” daar is nie meer ‘n lekasie tussen die hart kamers nie. Daar het n spier oor die gatjie gaan groei en geen operasie is meer nodigi nie. Hy staan terug en se die enigeste manier wat dit kon gebeur het binne ‘n week is JESUS! Sys genees.
PHYSICAL HEALING AND APPEARANCE:
Uit skok uit, bel ek my oudste suster, sy moet dringend die kinder kom haal, ek vermoed ek is besig om ‘n beroerte te ondervind. Uit onkunde en verbaasheid, groet ek die kinders sommer so vinnige, en spring in my kar en ry self hospital toe. (My ma was erg siek gewees) sy kon nie help nie, my man is in Nelspruit 350km ver van my af, my oudste suster moet na my kinders kyk en tyd is kosbaar.
Ek ry na die eerste hospital toe, dus Covid…. Jy loop nie in die jy gaan deur 100 checks en vra eers, hoe meer ek vir die Ontvangs dame vertel ek het ‘n moontlike beroerte, sy kan tog sien as sy na my kyk ek lyk nie reg nie… TAG SY MY AS ORANGE, ROO IS NOODSAAKLIK EN GROEN KAN WAG…. Ek moet in die wag kamer gaan sit. Ek het gedog my hele wereld gaan staan. Ek moet sit en wag met ‘n beroerte.
Ek sit en negotiate met Jesus, ek sit maak allerhande deals, ek besef in skok ek het nie my kinders regtig gegroet nie, my man is nog oppad (My ma hom intussen gebel) hy ry terug van Nelspruit af, dis asof my lewe voor my sit en verbly flits, ek moes nog groet, ek moes nog reg maak, ek moet nog jammer se, ek moet nog soveel doen Here, asseblief wees my genadig en spaar my.
2 ure gaan verby en een van my ou skool vriende kom in my sy seuntjie wat van die motorfiets af geval het, gebreekte arm. Hy vra vir my wat is fout hoekom sit ek hier, ek se wel ek dink ek is besig om ‘n beroerte te he, ek sit en wag nou maar tot iemand my help, maar ek is in trane snik huil. Hy laat sak sy kop en sy, as jou gesig reeds hang is die ergste al verby… toemaar jy gaan okay wees. Wie bemoedig iemand anderste so.
Ek besluit nee….ek gaan na ‘n ander hospital toe ry… Ek ry weer self 8 uur die aand in die donker, as ek ry bel ek my ma, maar my tong sleep so geen mens kan uitmaak wat ek se nie. Toe ek by die ander hospital aankom wag my pa my in. Hy het kom kyk of ek okay is en of hy die proses kan help. Ek hoor hoe staan en smeek en pleit hy by die suster om my asseblief te help, want hy is lief vir my en ek het hulp nodig. 3 ure later, sit ek buite n hospital gebou met n pappa wat smeek. En ek sit en hou vas aan Here wees my genadig. 2 min voor die dokters my kom haal… Stop Evert voor die hospital ald ie pad van Nelspruit af, ek kry hom gegroet vir so paar min… en toe is ek in die hospital in… Ek het my man sopas by die deur gegroet en weet nie of ek hom en my pa weer gaan sien nie…
Toe ek eers binne is beweeg alles vining, monitors, Cat Scans, mense hardloop met medikasie, ek le op drips, dis net besig daar binne, monitors word geplak, maar ek ek stoksiel allen, ek le en wheel en deal nog met die Here….
Na baie ure…se toetse word ek gediagnoseer my Bells Palsy – Die een kan van jou gesig se senuwee stelsel val plat, connect nie meer nie, en dan trek jou hele gesig skeef, oog kan nie toe maak nie, jou mond maak nie reg toe nie, jys verlam in die helfde van jou gesig. Jys nie smaak nie, jy kan nie koud of warm voel nie. 3 dae in die hospital in die Neuroloog afdeling, mag my man 1 keer ‘n dag vir 10 min sien en glad nie my kinders nie…ekt baie tyd om met Jesus te gesels en te praat.
HEALED:
Ek begin in plaas van bang wees besluit ek ek gaan begin skrif spreek. Ek loof en prys die Here al hang my wang skeef, ek bly in geloof, mense se jy genees dalk nooit nie… Ek besluit , daar is nie n manier nie. Ek aanvaar nie diagnose nie ek sal nie hierdie siekte engisin aanvaar nie, en begin lewe spreek oor die dooie skewe wange, en kronkel smile, oog wat nie kan oop en toe nie. Ek gaan hierdie battel fight en die enigeste manier wat ek weet hoe… is op my kniee in geloof. Die Here is my Geneesheer.
Ek is bly om te getuig,’n paar weke later 3 of 4 weke later is alles terug na normal toe. Ek het net eenvoudig nie die diagnose kans gegee om weer my smile of my joy te steel nie. Daar is nog so paar newe effekte wat agter gebly het maar Jesus het my genees.
Ek loof en prys die Here vir hierdie gedeelte, want jy sien ek het dit fisies en geestlik ervaar, dit was so groot les wat ek geleer het, tyd is kosbaar, en jy kan op jou regte staan, HY HET REEDS VIR ONS DIE PRYS BETAAL THEREFOR I AM HEALED.


Waar is ons vandag – En hoe het ons hier beland
Side note: Evert work aangekla by die werk vir “projekte nie voltooi nie” en gaan deur ‘n hele rikmarol by die werk om sy GOD gegewe werk te behou. Hy was 3 maand seker by die huis gewees met vergoeding maar die klagstaaat was lank. Deur die hele proses het ons geweet hy is onskuldig en die werk kom van Jesus af so niemand gaan nou kom karing nie. Na die uitslag van onskuld – Besluit hulle toe nou maar Jy moet nou nie meer in die Noorde wees nie, ons gaan jou nou Oos Kaap toe pos. Want die WAARHEID het geseevier, en nou is die mense effens ongemaklik rondom Evert. Hy kom Oos London toe. Dis Augustus maand net nadat hy 40 geword het.
Elke maand sien ons om net vir ‘n naweek een keer ‘n maand.
Ek en Evert begin bid en se Here U het ons bymekaar gesit, ons is hegte huisgesin van God, ons loof en ons eer U, ons wil nie meer dat die vyand ons huis gesin se tyd steel of die Pappa van die huis weg hou nie. Dit was ons harts gebed gewees.
Oktober maand….besluit ons om in geloof te begin rondkyk dat ek en die kinders af trek na hom toe uit pretoria uit. November maand kom ek na hom toe hier onder en ons gaan kyk skole in geloof en loop saam en bid saam dat ons wil uit die stad uit, ons wil by mekaar wees, ons wil tyd he vir mekaar en die kinders en die lewe jaag so, ons soek ‘n rustiger lewe, en hierdie bid ek seker toe nou al vir 4 jaar.
November kom – Groot struikelblok was as ek af kom, moet ek ‘n nuwe werk kry, en die pos wat ek tans he, voorsien die groot gedeelte van die onkostes per maand. Ek kan dit nie net opgee nie. Hoe gaan ons dan aan die lewe bly, maar in my kop is ek reeds reg en weg, en ek glo die Here sal ‘n weg maak want ek en Evert loop met soveel vrede in ons harte oor die besluit.
Ons kry ‘n plekkie op die internet, betaal die deposito op ‘n huisie, sonder om eers die plek te sien, we did it in faith. We had peace within in our hearts. Die volgende dag by my werk vra my baas my…. Hoe gaan ek dit doen, gaan ek nuwe werk soek, ek noem vir hom ek weet nie, maar ek gaan nie meer so verdeeld bly nie. Hy verras my toe heeltemal en se, ek kan remotely werk van Oos London af en my pos behou (Dit is SOOOOOOO buite sy natuur gewees) GOD MADE A WAY – DIE LAASTE BEVESTIGING.
Daar na was dit maklik, iemand sponsor om ons trek te doen betaaled on moet net self af kom, trok is gesponsor, petrol is gesponsor, 6 werkers toe ons hier kom laai af, en die aand is daar ‘n warm bord kos wat wag. Alles in ‘n oogwing – MY GOD IS GROOT
Cup-a-Joe and me:
Die Here het ons met bietjie begin vertrou en nou vertrou ons dalk onself ook om op water te loop met die begelyding van die Heilige Gees aan die stuur. Hier is ons onmiddelike omgewing is daar so groot nood, ek het gedog ons kry swaar maar hier waar ons ons nou bevind is daar hongersnoot, en seer, dis ‘n dor dorp hierdie…. En daar is baie nood.
Gelukkig is ons in die posisie om tyd te kan he om te help of n hand te leen waar nodig as ons kan, ons moet net bereid wees. So het ons in ons onmiddelike omgewing met Jesus liefde te begin liefde deel, daar is net ‘n behoefte aan liefde en luister, hoor my, sien my, sit by my, honger tusssen die kinders om net veilige te voel, so ons help daar waar ons kan. Kinder sukkel hier om by die skool uit te kom en weer huis toe te kom, so ons ry kinders skool toe en terug waar ons kan.
Ons harts begeerte is om ‘n bussie te he, waar ons die kinders ind ie oggend bymekaar kan maak, en veilig skool toe vat, en weer gaan aflaai in die middae, en al moet hulle ook aan huis bietjie kom bly en liefde ervaar is my hart so oop vir hierdie wonderwerk in ons lewens, want my hele lewe is ‘n wonderwerk en nou het ek tyd om myself regtig ten volle bereid te stil om in diens van HOM te werk vir GLORIE van GOD alleenlik.
Ek is bevoorreg om deel van die Cup-A-Joe familie te word, en is vir my amazing om te sien, mense is lief vir mekaar en gee om vir mekaar.
Ek is lief vir julle. Liefde
KK (Karin Klopper)





Agmesia Combrink
3 years agoHallo Karin. Wat n “storie” sussa. Ek wil bietjie daaraan herkou want kan nie aan woorde dink nie… Ek Glo met my hele hart dat die Here toelaat dat mens deur dinge gaan oor ons lewenspaaie, om ander te bemoedig wat deur dieselfde omstandighede gaan. Vrede en liefde.
Vriendin. Agmesia Combrink