“Wat vir my ongelooflik is, is dat ons nie die werk van die Heilige Gees hoef te doen nie. Hy kom doen dit deur ons soos wat ons sing en ons moet net met ons harte vol kom.”

Een van die gewildse opnames tydens grendeltyd was die lied “The Blessing”, Dit is in Junie 2020 opgeneem en vrygestel deur Elevation Worship, Kari Jobe en Cody Carnes.


Die lied het dadelik tydens die pandemie byklank gevind en honderde weergawes en vertalings is daarvan opgeneem, asook deur virtuele kore van reg oor die wêreld.

“The Blessing” is oorspronklik deur Elevation Worship geskryf en uitgevoer, maar Kari Jobe en Cody Carnes het ‘n nuwe weergawe daarvan saamgestel. Met hul sielvolle stemme en innemende aanbiddingsvertoning het hulle ‘n nuwe lewe in die lied geblaas.

Die liriek fokus op die seën en guns van God en het ‘n kragtige boodskap van hoop en bemoediging.

“The Blessing” het ‘n besonderse betekenis tydens tye van onsekerheid en swaarkry. Dit het mense gehelp om te onthou dat God se liefde en guns altyd beskikbaar is. Die lied het ook ‘n groot impak gehad op sosiale media, waar mense video’s van hulself gesing het terwyl hulle die lied luister.

Die Afrikaanse vertaling is deur Charles Noke saam met Retief en Riana gedoen. Klavier deur Devereaux van der Hoven. Alle kitare en bas-kitaar asook klankvervaardiging is deur Juan Oosthuizen.

Liriek:


Die Here seën jou, en bewaar jou
Skyn Sy aangesig oor jou, mag Hy
Die Here draai Sy, gesig na jou
Mag Hy jou vrede gee
Amen, amen, amen
Mag Sy guns rus, oor jou lewe
En ’n duisend generasies
Jou familie, en jou kinders En hul kinders, en hul kinders
Mag Sy vrede jou vooruitgaan agter jou staan,en langs jou staan
Dit Omring jou, hy is in jou Hy is met jou,
Hy is met jou In die oggend, in die aande In jou doene, en jou late In jou hartseer, in jou vreugde
Hy is vir jou.