Op Facebook het vriende Jak bedank vir dié lied: “Hierdie is ‘n inspirerende moet-luister-lied om elke dag te maak tel.”

“Liefdeslied” met musiek en woorde is geskryf deur Jak de Priester en hy het die lied opgeneem sam met Adam Tas, Ampie, Liezel Pieters, Pieter Koen, Pieter Smith en Ruhan Du Toit.

Die lied is uitgereik as deel van Jak se “Album 10”.


Jak de Priester se Groen Mini wat op die album verskyn is destyds verkoop ten bate van die barmhartigheidsgroep die “Caring Daisies

Liriek

Ons leef tydelik
Ons leef nou
Hierdie is ‘n deurgang
Waaraan ons almal vas wil klou

Die wêreld is my woning
Die aarde is groot
Ons almal wil net êrens
Êrens aan iets behoort

Party mense het pyn
Ander mense het niks
Ek luister na die see
Maar ‘n ander man hoor niks

Ek sien die son wat sak
Maar ‘n ander man is blind
Waar op hierdie aarde gaan ons ooit ons vrede vind?

Maar as ons gee
Plant jy bome in ‘n droë woestyn
En as jy deel
Verander God weer water in die duurste wyn

En as jy luister
Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied
Want as jy deel
Word jy God se hand my vriend

Ons leef voluit
Ons sien die wêreld
Ons leef in Afrika se son
Maar ons voel sy honger

My kinders is gelukkig
Ander kindertjies het pyn
Waar is ons liefde vir mekaar
Drink ons van God se wyn?

Maar as ons gee
Plant jy bome in ‘n droë woestyn
En as jy deel
Verander God weer water in die duurste wyn

En as jy luister
Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied
Want as jy deel
Word jy God se hand my vriend

Ons leef tydelik
Ons leef nou
Hierdie is ‘n deurgang
Waaraan ons almal vas wil klou

Ons moet die wêreld help
Ons harte oop kan maak
En as ons eendag almal groet
Het net ons liefde saak gemaak

Maar as ons gee
Plant jy bome in ‘n droë woestyn (Droë woestyn)
En as jy deel
Verander God weer water in die duurste wyn (Duurste wyn)

En as jy luister
Word ‘n oorlog dalk ‘n liefdeslied
Want as jy deel
Word jy God se hand my vriend
Want as jy deel
Word jy God se hand my vriend